PRIVAATHEIDSBELEID
Bygewerk: 1 Julie 2024
Hierdie beleid het ten doel om enige besoeker aan die webtuiste (vrousoosek.com) van Vrou soos ek se beleid rakende die insameling, gebruik, en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste gebruik maak en enige besluite wat met daardie data gepaard gaan, in te lig.
Ten doel van hierdie privaatheidsbeleid verwys ‘’platforms’’ na al Vrou soos ek se webwerwe, sosialemediarekeninge, en/of enige ander tegnologie of meganisme wat u mag gebruik om met ons te skakel. ‘’Dienste’’ verwys na enige inhoud (op die webwerf of elders) wat deur Vrou soos ek aangebied, besit, bedryf, of gehuisves word.
BELEID
-
Enige inligting wat deur besoekers aan ons verskaf word, mag deur Vrou soos ek gestoor word en privaat gebruik word om sekere afleidings rakende ons diens en projek te maak. Sulke inligting mag ook met die onderskeie partye van die projek gedeel word, maar sal nie sonder wetlike ondertekening met ander vennote of derdepartye gedeel of verkoop word nie. (Vrou soos ek behou wel die reg voor om sekere afleidings met vennote en ander persone binne die bediening te deel, mits die besonderhede van die inligting anoniem is of soos onder punt 7 bespreek). Inligting versamel sluit in (maar is nie beperk tot): name, vanne, e-posadresse, selnommers, geboortedatums, foto’s, woon- en/of posadresse, IP- adresse en meer. Hierdie inligting mag versamel word vir aankope, kompetisies, registrasies, meningspeilings en meer. Die verbruiker stem hiermee toe dat enige inligting wat met Vrou soos ek gedeel word onder die bepalings in hierdie oooreenkoms benut mag word.
-
Wanneer jy jou persoonlike inligting aan ons verskaf deur ʼn transaksie te voltooi, jou kredietkaart te verifieer, ʼn bestelling te plaas of te reël vir ʼn aflewering of die omruiling van spesifieke aankope, aanvaar ons dat jy toestemming gee dat ons toegang kry tot jou inligting en dit slegs vir daardie rede gebruik. As ons jou persoonlike inligting versoek vir ʼn sekondêre rede, soos vir bemarking, sal ons jou óf direk vir jou uitdruklike toestemming vra óf jou die geleentheid bied om nee te sê.
-
As jy, nadat jy toestemming gegee het, wel van plan verander, kan jy te enige tyd jou toestemming terugtrek dat ons jou mag kontak, voortgesette inligting mag bekom of jou inligting mag gebruik. In so ʼn geval kan jy ons kontak by info@vrousoosek.com
-
Ingesamelde inligting word as vertroulik hanteer. Die Vrou soos ek-redaksie sal slegs met toestemming, of waar vooraf vasgestel is, of waar duidelik vereis word, erkenning aan bronne van inligting gee.
-
Inligting wat aan Vrou soos ek verskaf word, mag gebruik word vir navorsing, beplanning, ondersoeke, sowel as vir die verbetering van die platform en inhoud.
-
Vrou soos ek mag inligting ook om die volgende redes gebruik:
-
Om u in kennis te stel van veranderings in ons diens.
-
Om u in staat te stel om deel te neem aan interaktiewe geleenthede / geleenthede waarvoor privaat inligting benodig word as inskrywing.
-
Om ontleding of waardevolle inligting vertroulik aan die bestuur van die platform te verskaf ten einde sekere afleidings te kan maak.
-
Om die gebruik van die platform te monitor.
-
Om tegniese probleme te identifiseer en reg te stel.
-
-
Vrou soos ek mag om die volgende redes (alhoewel hierdie lys nie beperkend is nie) met besoekers in kontak tree rakende inligting wat op die platform versamel is:
-
Vir verdere inwin van inligting vir inhoudskepping (byvoorbeeld artikel- blootstelling).
-
Vir terugvoer wat aangevra is deur ‘n besoeker.
-
Wanneer ‘n persoon interaksie het op enige plasing en Vrou soos ek van die opinie is dat so ‘n persoon beantwoord moet word.
-
Deur die uitstuur van nuusbriewe (slegs na persone wat spesifiek ingeteken het op hierdie diens).
-
Na afloop van kompetisies om met die wenners in kontak te tree.
-
-
​Ons winkel word bedryf deur Wix wat ons voorsien van aanlyn e-handel-forums wat ons in staat stel om ons produkte en dienste aan jou te verkoop. Jou inligting word geberg deur Wix se databerging, databasisse en algemene Shopify-nutsprogram.Wix stoor jou inligting op ʼn veilige webbediener agter ʼn netskans. Lees meer hier: https://www.wix.com/about/privacy
-
Besoekers se privaat inligting sal afgesien van die ander bepalings hier aangedui, slegs aan derdepartye verskaf word indien ‘n lasbrief deur die hof tot die effek hiervan uitgereik word.
-
Vrou soos ek bevat skakels na en vanaf webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derdepartye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derdepartye toegelaat word om inligting oor ‘n persoon te versamel en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derdepartye nie deur ons geëvalueer is nie, ons geen beheer oor hierdie derdepartye het nie en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die Vrou soos ek-platform verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings lees van elke webtuiste wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.
-
Daar is geen beperking op die tydperk wat Vrou soos ek ‘n besoeker se inligting mag stoor nie.
-
Vrou soos ek maak gebruik van Google Analytics om sekere verbruikerspatrone te analiseer en inligting rakende demografie in te win. Hierdie statistiek is vertroulik.
-
Vrou soos ek maak van ‘’koekies’’ gebruik om inligting oor lesers se internetgebruikspatrone te versamel. ‘’Koekies’’ kan ook gebruik word om lesers se inligting te onthou sodat sekere invulvelde nie herhaaldelik ingevoer moet word nie, sowel as om as metingsinstrument te dien.
-
Ons kan ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer of wysig. U word genooi om hierdie beleid gereeld deur te gaan vir enige veranderinge. Wysigings van die beleid is effektief wanneer dit op die webwerf geplaas word.
-
As u op enige tydstip inligting oor u wil verwyder, kan dit in die geval van die nuusbrief direk gedoen word deur die uittekenopsie te kies. Vrou soos ek kan ook direk hiervoor gekontak word by info@vrousoosek.com
