top of page

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Hierdie bepalings en voorwaardes sal geld vanaf 1 Julie 2024

​

VROU SOOS EK WEBWERF: BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN GEBRUIK

1. INLEIDING

1.1 Hierdie bepalings en voorwaardes sal geld vir u gebruik van ons webwerf.

1.2 Deur gebruik te maak van ons webwerf aanvaar u hierdie bepalings en voorwaardes ten volle. Indien u nie met hierdie bepalings en voorwaardes, of enige deel van hierdie bepalings en voorwaardes saamstem nie, moet u dienooreenkomstig nie ons webwerf gebruik nie.

1.3 As jy onder die ouderdom van 18 is, moet jy altyd jou ouers/voog se toestemming kry voor persoonlike inligting tot ons webwerf toegevoeg mag word.

2. KOEKIES (COOKIES)

Ons webwerf maak gebruik van koekies. Deur gebruik te maak van ons webwerf of deur aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes stem u in tot ons gebruik van koekies ooreenkomstig die bepalings van hierdie beleid en ons privaatheidsbeleid.

​

2.1. 'n Koekie is 'n lêer met 'n identifiseerder ('n string letters en syfers) wat deur 'n webbediener na 'n webblaaier gestuur word en deur die webblaaier geberg word. Die identifiseerder word dan weer na die bediener teruggestuur wanneer die webblaaier 'n bladsy van die bediener versoek.

2.2  Koekies kan óf permanente (persistent) koekies óf eenmalige (session) koekies wees: 'n Permanente koekie sal deur 'n webblaaier gestoor word en bly geldig tot die vervaldatum daarvan, tensy dit deur die gebruiker voor die vervaldatum verwyder word. 'n Eenmalige koekie daarenteen, sal aan die einde van die gebruikersessie verval wanneer die gebruiker die webwerf sluit.

2.3  Koekies bevat gewoonlik nie inligting wat 'n gebruiker persoonlik sal identifiseer nie, maar die persoonlike inligting wat ons oor u stoor, kan gekoppel word aan die inligting wat in koekies gestoor en van koekies verkry is.

​

2.4 Ons gebruik koekies vir die volgende doeleindes:

2.4.1 Verifikasie - Ons gebruik identifiseer-koekies om herhalende besoekers te identifiseer wanneer u ons webwerf besoek en navigeer.

2.4.2 Status - Ons gebruik identifiseer-koekies om ons te help bepaal of u op ons webwerf ingeteken is.

2.4.3 Winkelwaentjie - Ons gebruik identifiseer-koekies om die status van u inkopiemandjie te handhaaf terwyl u ons webwerf navigeer.

2.4.4 Verpersoonliking - Ons gebruik identifiseer-koekies om inligting oor u voorkeure te stoor en ons webwerf vir u te verpersoonlik.

2.4.5 Sekuriteit - Ons gebruik identifiseer-koekies as 'n element van die sekuriteitsmaatreëls wat gebruik word om u gebruikerrekeninge te beskerm, insluitend die voorkoming van bedrieglike gebruik van aanmeldbesonderhede inskrywings en om ons webwerf en dienste oor die algemeen te beskerm.

2.4.6 Analise - Ons gebruik identifiseer-koekies om ons te help om die gebruik en prestasie van ons webwerf en dienste te analiseer.

3. BESTUUR VAN KOEKIES

Die meeste webblaaiers laat jou toe om koekies te aanvaar en uit te vee. Die metodes om dit te doen, wissel van browser=webblaaier/program tot browser=webblaaier/program, en van weergawe tot weergawe.

3.1 Blokkering van alle koekies mag 'n negatiewe impak hê op die bruikbaarheid van baie webwerwe.

3.2 As u koekies blokkeer, sal u nie al die funksies op ons webwerf kan gebruik nie.

4. KOPIEREGKENNISGEWING

4.1 Behoudens die uitdruklike bepalings van hierdie kennisgewing, besit en beheer Vrou soos ek, alle kopiereg en ander intellektuele eiendomsregte wat op ons webwerf verskyn.

4.2 Alle kopiereg en ander intellektuele eiendomsregte op ons webwerf en die materiaal op ons webwerf is voorbehou.

 

4.3 Kopiereglisensie

4.3.1 U mag:

4..3.1.1 bladsye van ons webwerf in 'n webblaaier besigtig;

4.3.1.2 bladsye van ons webwerf aflaai vir kasgeheue-doeleindes (caching) in 'n webblaaier;

4.3.1.3 klank- en video-lêers vanaf ons webwerf stroom.

4.3.2 Behalwe soos uitdruklik deur die ander bepalings van hierdie beleid toegelaat (punt 3), mag u nie enige materiaal van ons webwerf aflaai, uitdruk of enige sodanige materiaal op u rekenaar stoor nie.

4.3.3 U mag ons webwerf slegs vir u eie persoonlike doeleindes gebruik en nie vir enige ander doel soos vir kommersiële voordeel nie

4.3.4 Behalwe soos uitdruklik deur hierdie kennisgewing toegelaat, mag u nie die webblad redigeer of andersins wysig nie.

 

4.4 Intellektuele Eiendom en Beperkings op Gebruik

Hierdie webwerf bevat inligting wat deur Vrou soos ek besit of wat aan Vrou soos ek gelisensieer is, insluitend, maar nie beperk nie tot teks, ontwerp, uitleg, grafika, organisering, digitale omskakeling en ander inligting wat met die webwerf verband hou. Hierdie inligting word beskerm ingevolge die toepaslike wette op intellektuele eiendom. Duplisering, verspreiding, publikasie of enige ander gebruik, behalwe in ooreenstemming met die volgende paragraaf, is streng verbode.

 

’n Nie-eksklusiewe, nie-oordraagbare, herroepbare lisensie word aan u toegestaan. Toegang tot en gebruik van hierdie webwerf is streng ooreenkomstig hierdie bepalings. U mag hierdie webwerf slegs gebruik vir persoonlike, niekommersiële doeleindes; en om inligting van die webwerf af te laai of uit te druk vir persoonlike, niekommersiële doeleindes alleenlik, met dien verstande dat alle kopiereg en ander kennisgewings aangaande intellektuele eiendom wat daarin berus onveranderd bly.

​

4.5 Skakels

U mag nie ’n skakel na ’n kwaadwillige of onwenslike webwerf vanaf hierdie webwerf skep nie. dokument maak sonder die vooraf skriftelike toestemming van Vrou soos ek nie.

6. AANVAARBARE GEBRUIK

6.1 U mag nie:

6.1.1 op enige manier ons webtuiste gebruik of enige aksie onderneem wat skade aan die webwerf veroorsaak, of kan veroorsaak, of waardedaling van die prestasie, beskikbaarheid of toeganklikheid van die webwerf teweegbring nie;

6.1.2 ons webwerf op enige manier gebruik wat onregmatig, onwettig, bedrieglik of skadelik is, of verband hou met enige onregmatige, onwettige, bedrieglike of skadelike doelwitte of aktiwiteite nie;

6.1.3 ons webwerf gebruik om enige materiaal wat bestaan uit (of gekoppel is aan) enige kwaadwillige kodes te kopieer, aan te bied, uit te stuur, te publiseer of te versprei nie;

6.1.4 toegang tot ons webwerf verkry of dit met enige robot, spinnekop of ander outomatiese middele skraap nie, behalwe vir die doel van indeksering van soekenjins;

6.1.5 data gebruik wat vanaf ons webwerf versamel word vir enige direkte bemarkingsaktiwiteit (insluitend bemarking sonder beperking via direkte pos, e-pos, telefonies of per SMS).

​

6.2 u mag nie data gebruik wat vanaf ons webwerf versamel is om individue, maatskappye of ander persone of entiteite te kontak nie; en

6.3 u moet verseker dat alle inligting wat u deur ons webwerf of in verband met ons webwerf aan ons verskaf waar, akkuraat, teenswoordig en volledig is en nie misleidend van aard is nie.

7. beperkte waarborge

7.1 Ons waarborg of verteenwoordig nie:

7.1.1 die volledigheid of akkuraatheid van die inligting wat op ons webwerf gepubliseer is nie;

7.1.2 dat die materiaal op die webwerf op datum is nie; of

7.1.3 dat die webwerf of enige diens op die webwerf beskikbaar sal bly nie;

7.2 Ons behou die reg voor om enige of al ons webtuistedienste te staak of te verander, en om te enige tyd en na goeddunke, sonder enige kennisgewing of verduideliking dit staak om ons webwerf te publiseer; en behalwe in die mate waarin uitdruklik anders in hierdie bepalings en voorwaardes bepaal word, sal u nie geregtig wees op enige vergoeding of ander betaling by beëindiging of wysiging van enige webtuistedienste, of as ons publikasie van die webwerf staak nie.

7.3 Tot die maksimum mate wat deur toepaslike wetgewing toegelaat word, sluit ons alle voorstellings en waarborge uit wat verband hou met die onderwerp van hierdie bepalings en voorwaardes, ons webwerf en die gebruikmaking van ons webwerf.

8.  BEPERKINGS EN SLUITINGS VAN AANSPREEKLIKHEID

8.1 Niks in hierdie bepalings en voorwaardes sal:

8.1.1 enige aanspreeklikheid vir dood of persoonlike besering as gevolg van nalatigheid beperk of uitsluit nie;

8.1.2 enige aanspreeklikheid vir bedrog of wanvoorstelling beperk of uitsluit nie;

8.1.3 enige aanspreeklikhede op enige manier beperk wat nie ingevolge toepaslike wetgewing toegelaat word nie; of

8.1.4 enige aanspreeklikhede wat ingevolge die toepaslike wetgewing nie uitgesluit mag word nie.

8.2 In die mate dat ons webwerf en die inligting en dienste op ons webwerf gratis verskaf word, sal ons nie aanspreeklik wees teenoor u ten opsigte van enige verliese of skade van wat watter aard ook al wat voortspruit uit enige gebeurtenis buite ons redelike beheer nie.

8.3 Ons sal nie aanspreeklik wees teenoor u ten opsigte van enige sakeverliese nie, insluitende (sonder beperking) die verlies aan, of skade aan winste, inkomste, gebruik, produksie, verwagte besparing, besigheid, kontrakte, handelsgeleenthede of klandisiewaarde nie.

8.4 Ons sal nie aanspreeklik wees teenoor u ten opsigte van enige verlies of korrupsie van enige data, databasis of sagteware nie.

8.5 Ons sal nie aanspreeklik wees teenoor u ten opsigte van enige verliese wat mag materialiseer as gevolg van gebeurtenisse buite ons redelike beheer nie.

8.6 Ons sal nie aanspreeklik wees teenoor u ten opsigte van enige spesiale, indirekte of gevolglike verlies of skade nie.

8.7 U aanvaar dat ons ’n belang het om die persoonlike aanspreeklikheid van ons amptenare en vrywilligers te beperk en met inagneming van daardie belang erken u dat ons ’n beperkte aanspreeklikheidsentiteit is en dat u geen eis persoonlik teen ons amptenare of vrywilligers sal instel ten opsigte van enige verliese wat u in verband met die webwerf of hierdie bepalings en voorwaardes ly nie.

9. skendings van hierdie bepalings en voorwaardes

9.1 Behoudens ons ander regte ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes en indien u hierdie bepalings en voorwaardes op enige manier oortree of indien ons redelikerwys vermoed dat u hierdie bepalings en voorwaardes op enige manier oortree het, mag ons:

9.1.1 een of meer formele waarskuwings aan u stuur;

9.1.2 u toegang tot ons webwerf tydelik opskort;

9.1.3 u permanent verbied om toegang tot ons webwerf te verkry;

9.1.4 rekenaars wat u IP-adres gebruik blokkeer om toegang tot ons webwerf te verkry;

9.1.5 enige of al u internetdiensverskaffers kontak en versoek dat hulle u toegang tot ons webwerf blokkeer;

9.1.6 regstappe teen u instel.

9.2 Waar ons u toegang tot ons webwerf of 'n deel van ons webwerf opskort, verbied of blokkeer, mag u geen stappe doen om sodanige opskorting, verbod of blokkasie te omseil nie (insluitend sonder beperking, die skep en/of gebruik van 'n ander rekening.)

10. variasie

10.1 Ons mag hierdie bepalings en voorwaardes van tyd tot tyd hersien.

10.2 Die hersiene bepalings en voorwaardes sal geld vir die gebruik van ons webwerf vanaf die datum van publikasie daarvan op die webwerf. U doen hiermee afstand van enige reg wat u andersins mag gehad het om in kennis gestel te word, of om toestemming te gee vir hersienings van hierdie bepalings en voorwaardes.

10.3 Indien u nie met hierdie bepalings en voorwaardes saamstem nie, moet u gebruik van die webwerf onmiddellik gestaak word.

11. MAGTIGING

11.1 U stem hiermee in daartoe dat ons ons regte en / of verpligtinge ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes mag toewys, oordra, subkontrakteer of andersins hanteer.

11.2 U mag nie sonder ons skriftelike toestemming vooraf enige van u regte en / of verpligtinge ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes toewys, oordra, subkontrakteer of andersins hanteer nie.

12. Skeibaarheid

12.1 Indien 'n bepaling van hierdie bepalings en voorwaardes deur enige hof of ander bevoegde owerheid bepaal word as synde onwettig en/of onafdwingbaar, sal die ander bepalings van krag bly.

12.2 Indien enige onwettige en/of onafdwingbare bepaling van hierdie bepalings en voorwaardes wettig of afdwingbaar sou wees as 'n deel daarvan geskrap word, sal daardie gedeelte as verwyder geag wees en die oorblywende bepaling sal van krag bly.

13. die regte van derde partye

13.1 'n Kontrak ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes is slegs tot ons en u voordeel, en dit is nie bedoel vir die voordeel van of afdwinging daarvan deur enige derde party nie.

13.2 Die uitoefening van die partye se regte ingevolge 'n kontrak in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes is nie onderworpe aan die toestemming van enige derde party nie.

14. reg en jurisdiksie

14.1 Hierdie bepalings en voorwaardes sal onderworpe wees aan en uitgelê word in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse reg.

14.2 Enige geskille met betrekking tot hierdie bepalings en voorwaardes sal onderworpe wees aan die [uitsluitlike] jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe.

15. ons besonderhede

15.1 Hierdie webwerf word besit en bedryf deur Vrou soos ek.

15.2 U kan ons kontak:

per e-pos, by info@vrousoosek.com

bottom of page