Ons gaan vir die volgende 30 dae spesifiek intree in gebed vir huwelike.
Raak deel van die gebedsreeks wat elke oggend op ons sosiale media platforms gedeel word. Bid die gebed en spreek die teksvers oor jou huwelik.
Hierdie bypassende boekie kan gebruik word om notas te maak tydens die 30 dae gebedsreeks. Jy kan teksverse en gebede neerskryf. Jy kry ook aktiwiteite en gratis inhoud soos briewe skryf, boekmerke knip en ‘n prent wat jy kan raam.
Ek wil jou aanmoedig om hierdie gebedsreeks notaboek daagliks te gebruik tydens ons 30 dae gebedsreeks. Of jy jonk getroud is, jare al getroud is, onseker is oor waar jy met jou huweliksmaat staan, en selfs al is jy nog in afwagting vir jou huweliksmaat, hierdie is jou geleentheid om saam in te tree in gebed. Laat toe dat Heilige Gees tot jou hart spreek.
Pak hierdie gebedsreeks aan met 'n leersame gees. Wees bereid om te bekeer, te vergewe, vry te spreek, en ook dinge neer te lê.
Kry jou bypassende gebedsreeks boek en belê in jou huwelik.
top of page
R39,00Price
bottom of page

