top of page

Kinders is 'n geskenk – 'n wonderlike seën van Abba!


Ons doen op 'n daaglikse basis ongelooflik baie vir ons kinders. Ons spandeer kosbare ure om hulle te help met huiswerk, sport aktiwiteite, hulle stokperdjies, en selfs om hulle rond te ry na verskeie buitemuurse- of skool-aktiwiteite.


Ons lewe is besig. Ons dag is propvol. Maar die belangrikste is om onsself die vraag te vra: Bid ons vir ons kinders?


Ek praat van kragtige, belofte-gevulde, hoop-geïnspireerde, spesifieke gebede? Bid ons Vader se kragtige Woord en beloftes oor ons kinders se lewens?


Daar is groot aanslae op ons kinders se lewens. Die vyand is uit daarop om ons kinders aan te val. Hy sal dit doen wanneer ons nie kyk nie, hy sal alles in sy vermoë doen om ons kinders op sy manier te probeer steel. Moenie dat hy wen nie!


Dit is sterk op my hart gelê dat ons ernstig vir ons kinders moet bid!


Ons gaan vir die volgende 30 dae van Junie-maand (2025) spesifiek intree vir ons kinders. Selfs al het jy nie kinders nie, of jou kinders is al oud en getroud, wees asseblief deel van hierdie reeks. Kom ons almal tree saam.


Nooi elke vrou wat jy ken om deel te word van hierdie reeks. Daar is krag in gebed. Saam kan ons intree vir ons kinders.


Elke oggend om 9:00 sal daar 'n gebed en 'n Bybelvers gesamentlik opgelaai word op Facebook en Instagram. Bid die gebed en spreek die teksvers oor jou kinders se lewe.

Ons het hierdie notaboek wat spesifiek by hierdie gebedsreeks pas. Jy kan dit gebruik om notas te maak, ‘n brief vir jou kind te skryf, of hou as ‘n kosbare geskenk om eendag vir jou kind te gee.

30 Dae Gebede vir my Kind - Notaboek

R10,00Price
    bottom of page