top of page

'n Gebedsdoek, ook genoem 'n taliet, dui op die adellikheid wat voortspruit uit Abba se uitverkore volk. Die taliet is 'n teken van gehoorsaamheid aan Abba se wet. Dit word ook gebruik om jouself mee te bedek tydens gebed.

 

Die innerlike betekenis van die granaat, bekend as "rimon" in Hebreeus, is dat ons net so vol goeie dade moet wees soos wat 'n granaat vol pitte is. Mag die draer geseën word met hierdie kleed.

 

Hierdie spesiale stuk word met die hand gemaak en elke garingdraadjie word oor gebid soos dit vasgewerk word - spesiaal vir jou om te ontvang. Hierdie gebedsdoek (taliet) kom ook met die koord van blou en wit gare in die vier hoeke (tzitzits), en 'n bypassende sak om jou taliet te dra en te beskerm.

 

Mates: 2m (l) x 90cm (w)

Materiaal: Linne

 

"Speak to the people of Isra'el, instructing them to make, through all their generations, tzitziyot on the corners of their garments, and to put with the tzitzit on each corner a blue thread." Numbers 15:38

Laat asseblief ongeveer 2 weke toe voor ons hierdie item aan jou stuur.

Granaat Taliet

R1 450,00Price
Quantity
    bottom of page