top of page
Search

Die vrou by die put

  • Writer: Maryna Eksteen
    Maryna Eksteen
  • Jun 13, 2024
  • 2 min read

Die lewe is een groot rot resies.

Tussen werk, kinders, jou huwelik en jouself kan dit soms voel of die lewe jou bietjie oorweldig. Dit is so maklik om negatief te raak en verslae te voel terwyl jy in sirkels op jou wielietjie hardloop. Dikwels soek ons ń wegbreek op sosiale media, ons fone, vriende of ander wêreldse dinge, maar ons bly voel of ons iewers tekortkom. Maak nie saak hoe vol ons, ons bekers maak nie dit bly leeg.


In Johannes 4, lees ons van die vrou by die put wat haarself met ń man ophou wat nie haar eie is nie. Net soos die vrou by die put na mans gesoek het om haar dors te les, so soek ons soms ook na dinge buite Christus om ons dors te les.


Terwyl Yeshua (Jesus) Homself egter aan haar geopenbaar het, het Hy probeer om haar te wys dat Hy die nimmereindigende Water is waarna sy so dors. (Joh. 7:38).


Jesus is die lewende water wat ons nodig het. Wanneer ons, ons geloof en vertroue in Hom as die Lewende Water plaas, kan ons daarop reken dat die put nooit sal opdroog nie (Psalm 37:4). Hy sal nooit vir ons moeg word nie. Hy sal nooit ontevrede wees nie. Hy sal ons nooit wegwys nie. Hy is die oneindige bron van vrede, vreugde, liefde, selfbeheersing, waarheid, hoop en bevrediging (Galasiërs 5:22-23). Oorvloedige lewe kan net in Hom gevind word.


Wanneer die resies te veel raak en dit voel of jy in eindelose sirkels hardloop, raak stil en weet dat Hy God is en dat Hy alleen jou dors kan les. Wêreldse dinge kom en gaan maar God bly konstant.



 
 
 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page