top of page
Search

God wil jou hart hoor

  • Writer: Maryna Eksteen
    Maryna Eksteen
  • Jul 15, 2024
  • 2 min read

Dit is nooit maklik om jou hart oop te maak en jou diepste seer met iemand te deel nie. Buiten dat dit seer is, kan mens dalk verleë of verslae voel. Geen mens wil as “swak” gesien word nie.


Ek is baie emosioneel, bietjie sensitief en soms beslis oorsensitief. Wanneer ek

seer het loop ek soos ‘n beer met ‘n seer voet rond en my lip hang behoorlik op die grond. Maar, ek wil nie noodwendig met mense praat wanneer my hart swaar is nie.


In Sameul 1:7 lees ons van Peninna wat vir Hannah “getreiter” het. Soveel dat Hanna gehuil het. Vroue kan soms baie lelik wees en dis nie altyd maklik om ander mense met jou seer te vertrou nie. Ek wonder baie waarom vrouens nie die krone op mekaar se koppe kan hou nie? Dit is dalk ‘n onderwerp vir ‘n ander dag. Nietemin, Hanna het geweet dat sy haar seerste seer met God kan deel. In Sameul 1:9 lees ons dat Hanna bitter ongelukkig was en dat sy tot die Here gebid het terwyl sy onbedaarlik gehuil het.


Hanna deel haar diepste begeertes en emosies met God en wys vir ons die waarde van kwesbaarheid en eerlikheid in ons verhouding met Hom. God weet wat in ons harte aangaan maar soms wil Hy dit hoor. Hy wil hê ons moet ons harte voor Hom uitstort sodat ons genesing kan vind. Geen verhouding is net eensydig nie en

daarom is gebed so bitter belangrik. Hoe meer tyd jy saam God in die troon kamer spandeer hoe duideliker sal Sy stem vir jou word.


Ek dink dat elke liewe vrou daar buite ‘n blaadjie uit Hanna se boekie moet haal en hul seer met God moet deel om genesing te vind. God wil jou hart hoor. Hy wil hoor hoe jou dag gegaan het, wie jou omgekrap het, waaroor jou hart seer is, waarom jy nie gelukkig is nie of wat jou bly maak.


Maak tyd vir God sodat jy die dieper dinge van Hom kan leer ken.

 
 
 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page