Nader tot God en Hy sal tot jou nader
- Maryna Eksteen

- Jul 15, 2024
- 1 min read
Een van die mees vervelende rolle wat ‘n vrou kan aanneem is om ‘n ma te wees.
Dit is een van die mooiste geskenke wat God vir ‘n vrou gegee het. Dit is ongelukkig ook ‘n geskenk wat nie vrylik beskikbaar is vir almal nie.
Madri, ‘n jong getroude vrou van Johannesburg-Suid, vertel hoe sy en haar man vir meer as twee jaar probeer het om ouers te word. Elke keer dink sy “die keer”, maar dan kry sy ‘n negatiewe lesing op die swangerskap toets. As gevolg hiervan het sy ‘n innerlike worsteling met die Here gehad.
“Is ek nie goed genoeg om ‘n mamma te wees nie?”
“Here, is ek nie vrou genoeg om ‘n mamma te wees nie?”
Ten spyte van die innerlike konflik het Madri besluit om haar begeerte vir ‘n kind ‘n gebedsaak te maak. Sy het vir maande in die woestyn gebid en die Heilige Gees het vir haar opdrag gegee om te vas. Na weke se gebed en vas het Madri een oggend besluit om weer ‘n toets te doen en sowaar! Die toets was positief!
Ons lees in Sameul 1 van Hanna se begeerte om ook ‘n kind te hê. Hanna se toewyding en oorgawe was vir God goed. Hy het haar gebede verhoor en vir haar ‘n seun gegee.
Net soos Hanna en Madri, is dit belangrik om te weet dat God se stem nooit weg is nie. Dalk stil maar, nooit weg nie.
In die proses van gebed en smeking kom ons nader aan Hom en soms is dit al wat Hy van ons wil hê.




Comments