Vrou-wees is 'n Voltydse Werk
- Maryna Eksteen

- Aug 8, 2024
- 2 min read
Vrou-wees is nie maklik nie. Dit kom met so baie uitdagings. Veral in ń tyd waar die man in meeste huishoudings nie meer die enigste broodwinner is nie. Dit maak nie saak of jy ń huisvrou of beroepsvrou is nie, die druk is oorweldigend. By die werk moet jy al die balle in die lug hou, jou huwelik water gee, die kinders bestuur en tyd maak vir jouself. Kom ons skakel nie die huisvrouens uit nie. Kinders grootmaak, huis take en skooltake is ń groot verantwoordelikheid. Dit laat ń vrou soms voel of alles net te veel kan raak.
In Sameul lees ons van Hanna se begeerte om ń mamma te wees, haar man gelukkig te maak, diensbaar te wees en ń pad saam met God te stap. Hoe het sy dit gedoen? God was so goed en Hy het haar geseën met ń seun maar saam die seun het buitengewone verantwoordelikheid gekom want Hanna het ń belofte aan God gemaak.
Hier is so paar dinge wat ons by Hanna kan leer om toe te pas in ons besige lewens:
Hanna se gewilligheid om Samuel aan God se diens toe te wy, demonstreer hoe belangrik dit is om ons lewens en gawes aan God se doelwitte oor te.
Hanna se verhaal moedig ons aan om getrou te lewe, God se plan te vertrou, selfs wanneer ons dit nie verstaan nie.
Hanna se ervaring wys dat God teenwoordig is in ons hartseer en selfs in moeilike omstandighede vertroosting en vreugde kan bring.
Hanna se verhaal inspireer vroue om God te vertrou, aanhoudend te bid, hul lewens aan Sy doelwitte oor te gee en getrou te lewe, wetende dat Hy soewerein en getrou is.




Comments